Home arrow Cd / DVD Resensies
Saturday, 13 March 2010
Cd / DVD Resensies PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Kouevuur het ek op die radio gehoor, beslis mooi. Op die pad na Nooitgedacht saam met Robbie Wessels het ek ook gehoor. Altwee baie goed so die volgende logiese stap was om Theuns Jordaan se Kouevuur te koop.

Ek hou van Theuns se stem, alhoewel ek al baie keer gekla het dat ek nie n volle vertoning van hom sal kan kyk nie. Dis net te “rustig” na my sin. Ek was nog altyd n Koos du Plessis aanhanger ook so ek het besluit ons koop hom en luister hom. As hy nie die moeite werd is om heeltemal deur te luister nie, sal ek hom vir skoonma vir kersfees gee. So ek is beslis veilig.

Die eerste lied op die cd is Kouevuur wat ek baie van hou. Theuns se diep stem doen iets vir daai lied. Volgende is Kinders van die Wind. Hieroor was ek maar bietjies skepties voor die tyd, want ek weet darem nie of iemand dit ooit beter as Laurika kan doen nie. Maar beslis hy doen dit fantasties. Ek sal nooit erken dat dit net so goed soos Laurika sin is nie, maar nader aan perfek kan jy nie kry nie.

Die ander liedere is almal op top standard. Soveel so dat ek heeltemal vergeet het dat ek oppad werk toe was en halfpad aangetrek op die bed gaan sit het, oë toe, in vervoering.

Groet sonder Woorde is ek letterlik “sonder woorde” oor.

Hierdie cd sal ek beslis aanbeveel vir enigiemand wat hou van diep musiek. My vriendin wat van “doef doef” musiek hou het gekla dit maak haar depresief. Ek moet erken dit het my ook tot trane gedryf, maar bloot oor die feit dat dit so mooi is dat die emosies nie beheer kon word.

Skoonma sal wel n Kouevuur kry, maar beslis nie myne nie!

Last Updated ( Sunday, 18 October 2009 )