| Stroopstout Smalls | |||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Trixi's Poetry Corner
Voorraad opname | Voorraad opname |
|
|
|
| Written by Administrator | |
|
Voorraad opname
Tyd vir opname van my lewe En dit maak my bang Laat ek dit doen voor die moed my begewe Moet die oorsaak vind van die traan op my wang
Het ek gedoen wat ek wou Het ek bereik wat ek kon Het ek gedoen wat ek sou Het ek gegaan na my Bron
Is ek tevrede met die status Is ek genoeg vir die om my Is ek meer as net my bates Is ek sterk genoeg om hier te bly
Die antwoord is nie maklik om by uit te kom Die tyd is soms net nie genoeg Maar ek glo ek moet aanhou blom Aanhou in die harde grond ploeg En ophou om oor die klein goed te wroeg
Tersia Latti Copyright |
| < Prev | Next > |
|---|