Wat nou PDF Print E-mail
User Rating: / 0
PoorBest 
Written by Administrator   

Wat nou

 

Trane het opgedroog

Hier is ek nou

Net ek en ek alleen

Niemand om voor maskers aan te sit

 

Oop en bloot vir myself

Tyd vir diep dink

En tyd vir optree

Nou of nooit

 

Bly ek of gaan ek

Maak ek dit werk

Maar wat as ek nie kan nie

Wat as my pogings weer misluk

 

Is dit die moeite werd

Wil ek nog probeer

Ek dink net die tyd sal leer

Maar vir nou kyk ek die kat uit die boom

 

Tersia Latti

Copyright

 
< Prev   Next >