| Stroopstout Smalls | |||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Trixi's Poetry Corner
Woorde | Woorde |
|
|
|
| Written by Administrator | |
|
Woorde
Hoe sit jy jou gevoelens om in woorde Gee dit dan akkoorde? Hoe ontbloot jy jou siel? Vir almal om te sien
Ek soek die woorde Soek dit in my kop se boorde Maar niks kom te voorskyn Die tong het verdwyn
Hoe begin ek pyn op papier sit? Hoe skryf ek dit swart of wit? Dis tog onmoontlik om te verwag Te veel vir my om te vermag
Woordeloos, stemloos, Willoos, moedeloos Is dit tyd om op te gee? Om in te gee aan die woordelose see?
Ek weier die gevoel Wat so in my woel Daar is iets beter wat vir my wag En ek weet dit le binne my mag.
Gee my n minuut om te dink Sodat ek nie kan sink Hierdie donker gat sal my nie verslind Ek is nie meer verblind.
Tersia Latti Copyright |
| < Prev | Next > |
|---|